Kerkplein

'Kerkplein'


ek is

postkolonialis

ek is

ab-aboriginië

abba my

als je blieft

my nat moedersgrond

tel my op en draai my rond

gaan sit onder my naels

vir dae aaneen

dat hul blou vertoon

met die inspanning

van uitjies graaf

en suig aan die wortels

bokoë in die maan

maar is ek dit?

net grond sal verstaan.

dit praat net nie Afrikaan


  • Kerkplein
  • Octavia Roodt
  • 2018
  • Giclée print on 230GSM
  • Certificate of Authenticity Provided
  • Edition of 30
  • Sheet Size: 35 x 29 cm
  • ZAR 4,050.00